Garden Route Rebuild

Stilbaai omgewing traag om te herstel na Januarie brande


‘n Werkgroep van die die Suid-Kaap Grondeienaars Inisiatief, (SCLI), Die Suid- Kaap Brandbestrydings Assosiasie (SCFPA), die nuutgestigte Garden Route Rebuild inisiatief (GRR), Departmente van Landbou sowel as Omgewingsake, het die area buite Stilbaai, wat op 17 Januarie vanjaar deur weghol veldbrande geaffekteer was, besoek om te kyk na die ekologiese herstel van die area.

Volgens Cobus Meiring (SCLI), is die Garden Route Rebuild (GRR) inisiatief gestig na die Knysna brande, en gaan die werkgroep wat gaan omsien na die herstel van die omgewing in Knysna, ook aandag skenk aan die situasie in die ongeveer 22 000 hektaar wat afgebrand het in die Stilbaai area (die area is sederdien as n rampgebied verklaar).

Nie alleenlik het die omgewing (weiding/ natuurlike veld etc.), geweldige skade gelei as gevolg van die vuur nie, maar verskeie huise, skure, kilometers draad, boorde, besproeiings netwerke,etc., is tot niet gebrand.

Uit die aard van die saak was groot areas wat afgebrand het besmet met indringer plantegroei, en, soos in die geval van Knysna, is daar bekommernis dat daar omvangryke hergroei van indringers (veral Rooipitjie), gaan plaasvind.

Buiten die effek van die vuur gaan die Stilbaai area gebuk onder kommerwekkende droogte toestande, en, selfs na ses maande, is daar min tekens van ekologiese herstel van die omgewing. Selfs geharde indingerplante, soos rooipitjie, verwelk na ontkieming as gevolg van die droogte.

In kontras met die stadige herstel/ hergroei van plante in die Stilbaai area, is daar reeds tekens van herstel in die klammer Knysna area, waar beide indringer, sowel as inheemse plante en grasse, plek-plek reeds welig ontkiem.

Beamptes wat die area besoek het is in ooreenstemming dat, na die verwagte winter/lente reen, beide indringer sowel as inheemse plantegroei wel n terugkeer gaan maak, en wys daarop dat grondeienaars gereed moet wees om indringer plantegroei te bestry sover as moontlik.

Garden Route Wilfire after effects
Herstel van die Stilbaai omgewing, na intense veldbrande in Januarie, is langsaam. Gegewe die heersende droogte toestande, mag dit nog n wyle duur vir die omgewing om na behore te herstel.

Die Suid- Kaap Grondeienaars Insiatief (SCLI), is n openbare platform vir grondeienaars en grondbetsuurders wat n belang het by die uitwissing en beheer van indringer plantegroei. SCLI word ondersteun deur die Tafelberg Fonds (TMF), ʼn subsidie fonds van WWF SA


Posted

in

, ,

by

Tags: