Smeulende brande n bron tot kommer

Smeulende brande ‘n bron tot kommer


Die heuwels rondom Wildernis en Knysna is steeds in rook gehul met brande wat stadig maar seker voortbeur, se Cobus Meiring van die Suid-Kaap Grondeienaars Inisiatief (SCLI).

Hierdie tipe brande is geweldig moeilik om te blus, synde dat dit onder die grondoppervlak in die veen brand, waar selfs groot hoeveelhede water dit nie kan blus nie. Smeulende oppervalktes is verskriklik warm, en inwoners word aangeraai om nie in die geaffekteerde areas te stap nie, and veral hulle diere daar uit te hou.

Die effek van die brande is nie altyd dadelik sigbaar nie, omrede die plantegroei self nie afbrand nie. Die dodelike effek van die brande is egter baie duidelik wanneer al die plantegroei na ‘n week of wat begin verkleur en staande doodgaan, omrede die wortelstels verbrand het, en daarmee saam alle voeding en vog uit die grond.

Mettertyd sal die welige plantegroei wel hervestig, maar die dooie bome en struike droog vinnig uit, en hou tans ‘n groter brandgevaar in as ooit tevore.

SCLI is in gesprek met die Suid-Kaap Brandbestrydings Vereniging (SKFPA), wat in ‘n proses is om alle areas wat geaffekteer is deur die onlangse brande te karteer en te priotritiseer vir moontlike rehabilitasie, en die monitoring van areas as ‘n verdere brandgevaar.

Groot areas van Fynbos wat afgebrand het sal na alle waarskynlikheid volkome herstel, maar die verlies aan habitat vir diere en voels etc. is kommerwekkend.

Voorts sal SCLI en die owerhede ‘n wakende ogie hou oor die hergroei van indringer plante in die Suid- Kaap na die brande.

SCLI is ‘n openbare platform vir grondeienaars en grondbestuursder in die Suid- Kaap wat n belang het by die uitwissing en beheer van uitheemse indringerplante. SCLI word ondertsteun deur die WW SA en die Tafelberg Fonds.

Foto: Voorslepende brande in die Wildernis en Knysna baie moeilik om te blus, en hou ‘n unieke bederiging in vir die omgewing.


Posted

in

,

by

Tags: