Herfs is die tyd van die jaar wanneer die Madeira ranker (Anredera cordifolio), in die Wildernis en elders welig blom, en wanneer die snelle omvang van sy verpreiding duidelik sigbaar word.
Madeira ranker is miskien sag op die oog, maar hierdie indringerspesie, met hart- vormige blare en welriekende ster- vormige blommetjies, kan groot ekologiese skade veroorsaak
In Maart (herfs) kan die omvang en die snelle verspreiding van Madeira ranker oral langs paaie en treinspore kan gesien word, waar die ranker homself welig drappeer oor heinings en bome.
Madeira ranker, afkomstig van die sub- tropiese Suid- Amerika, is n kategorie 1b indringerplant, wat in terme van die relevante omgewingswetgewing (NEMBA en CARA), nie op eiendom geduld mag word mie.
Melkhoutbome ‘n maklike prooi vir Madeira ranker
Die voortbestaan van Melkhoutbome (Sideroxylon inerme), ‘n beskermde boomsoort in die Suid- Kaap, is alreeds onder druk weens stedelike and landbou ontwikkeling al langs die kuslyn.
In oorblywende sensitiewe areas, waar oorblyfsels van oeroue Melkhout kuswoude nog welig groei, soos langs die historiese Wildernis treinstasie, kan hulle nou maklik prooi val vir die impak van Madeira ranker.
Wat in die praktyk gebeur is dat die ranker die hele Melkhoutboom oorgroei, en in die proses die boom se vermoe om asem te haal en te fotosinteer inhibeer. Uiteindelik sal die bome begin wegkwyn en afsterf, en sal dit mettertyd in duie stort onder die gewig van die ranker op die takke.
Kaaimanspas se pragtige inheemse woude (aan die noordelike hange), is tans onderworpe aan soortgelyke vernietiging deur n inheemse ranker (wilde bosdruif).
As deel van die Milkwood Preservation Campaign (wat gedryf word deur die Suid- Kaap Grondeienaars Inisiatief (SCLI)), ondersteun SCLI groendeienaars se pogings om Madeira ranker onder bedwang te bring, en in die proses Melkhoutbome te red.
SANParks is tans besig om n (uitheemse indriger plantegroei) span te ontplooi, al langs die Touwrivier, om spesifiek te fokus op die uitwissing van die Madeira ranker.
Neem egter kennis dat die ranker omsigtig verwyder moet word, en nie op munisipale ashope of tuis op komposhope gegooi moet word nie. Die wortels/ bolle moet uit die grond gegrawe word en saam met die plantreste verbrand word.
Die Suid- Kaap Grondeienaars Inisisatief (SCLI), is ‘n openbare platform vir grondeienaars en grond bestuurders wat n belang het by die venietiging en betsryding van indringer plantegroei in die Suid- Kaap. SCLI word ondersteun deur die Tafelberg Fonds (TMF), n subsidie fonds van WWF SA.