Uitnodiging aan grondeienaars in die Suid-Kaap
Gratis Indringerplant-beheerplanne opgestel vir grondeienaars langs die Knysna-, Touw-, Kaaimans-, Goukamma- en Grootbrak-riviere
Die Inisiatief vir Grondeienaars in die Suid-Kaap, oftewel SCLI, nooi grondeienaars in die omgewing van die Knysna-, Touw-, Kaaimans-, Goukamma- en Grootbrak-riviere uit om deel te neem aan die SCLI Rivierkorridor-projek.
Dié bewaringsprojek word gerugsteun deur die Tafelbergfonds. Dit bied geleentheid aan SCLI om Indringerplant-beheerplanne gratis vir grondeienaars op te stel as deel van die rivierkorridor-bewaringsinisiatief vir landskappe aangrensend tot die betrokke riviere.
Indringerplant-beheerplanne het ten doel om indringerplante oor die langtermyn te bestuur en te beheer. Die planne voldoen aan die Department van Omgewingsake se standaarde en kan grondeienaars help om hul wetlike verpligtinge rakende indringerplante meer doeltreffend te bestuur.
Belangstellende grondeienaars kan Cobus Meiring van SCLI kontak by 083 626 7619 of ‘n epos aan hom stuur. Sy epos-adres is cobus@naturalbridge.co.za.