Grondeienaars in Wildernis

Hoekwil Grondeienaars


HOEKWIL GRONDEIENAARS MET DIE RUG TEEN DIE MUUR NA 2016 BRANDE
Grondeienaars in Wildernis en Hoekwil, waar miljoene rande se eiendom vernietig is in die Augustus 2016 brande, word nou gekonfronteer deur uitheemse indringer plantegroei, wat sederdien aggressief ontkiem het, en reeds welig groei.

Volgens Lis Lempp, van Bitou Laan in Hoekwil, wie se woning wonderbaarlik aan die brand ontkom het nadat die omringende 3 hektaar afgebrand het, nou totaal oortrek van Swart Wattels. ʼn Dekade gelede het Lis die hele eiendom skoongemaak van digte stande van Wattels, en, in die plek daarvan, het n lushof van Fynbos welig gevestig. Na die brand is daar reeds tekens van Fynbos wat herstel, maar, na al die jare, is die Wattels weer spoedig besig om die oorhand te kry.

Sê Cobus Meiring, van die Suid- Kaap Grondeienaars Inisiatief (SCLI), “ indringer plantegroei (soos bv Wattels), is telkens die eerste om terug te groei na ʼn brand. Indien die hergroei nie reeds in n vroe stadium met onkruitdoder behandel word nie, sal hulle alle inheemse plantegroei verswelg, en ʼn digte muur van wattels vorm.

Rina Mogale, ʼn ervare kontrakteur van Touwsrandten, het ingespring om die Swart Wattel plaag op Lisa se eiendom van hoek tot kant te behandel met onkruitdoder. Sê Rina, “indien jy die regte mengsel onkruitdoder op die regte tyd toedien,kan jy die hergroei van Wattels in hulle spore stuit.

Die werkers gaan selektief te werk, en maak seker dat geen inheemse plante gespuit word met onkruitdoder nie. Werkers word opgelei om te verseker dat hull kennis dra van wat is inheems, en wat is uitheemse plante, synde dat dit maklik verwarring kan veroorsaak, en die inheemse plantegroei in die proses beskadig kan word”.

Probleme met wetgewing
Volgens Meiring verplig omgewingswette dat grondieienaars hulle eiendom moet skoon hou van uitheemse indringer plantegroei. Die onlangse brande, en die aggressiewe hergroei van byvoorbeeld Wattels, wat ontkiem na die brand, plaas grondeienaars in ʼn baie moeilike situasie.

Volgens sê Meiring is dit n duur proses om indringers op groot skaal te bestry, en dit is nie ʼn eenmalige proses nie. Boonop versprei sade van indringers saam met die wind (sowel as dormante saadbanke), en om grondeieinaars aanspreeklik te hou vir hergroei is beslis nie regverdig nie.

SCLI is konstant in gesprek met die Department Omgewingsake om aspekte rondom wetgewing, grondeienaars, en die betryding van indringer plantegroei aan te spreek.

The Southern Cape Landowners Initiative (SCLI), is a public platform for landowners and land managers with an interest in the control and eradication of Invasive Alien Plants SCLI is supported by the Table Mountain Fund (TMF).


Posted

in

by

Tags: